DIT heet amptelik Sedgewick’s Old Brown. (Dis een van die drankmaatskappy Distell se grootste, mees gesogte handelsmerke. Almal wonder of Heineken, wat met ’n aanbod van baie euro’s vir Distell ogies gemaak het, ook Obies as deel van die kopie inpalm.)
Sedgewick’s Old Brown (nee, daar’s nie Afrikaans iewers op die bottel nie, al skat ek baie praat ons taal om die skinktafel) is legendaries en langer as ’n eeu op die mark.
Dis uniek. Dit draal in ou vissermanne se romantiese geheue van groot vangste, en is verpligtend in vandag se seevaart-proviand. Dis vir jagtogte en voorstedelike opskoppe, vir ouetehuis-partytjies en eensaam-en-alleen op Oujaarsaand. Stories van die see is deel van die legende, so ook die ontstaan van hegte, bloedwarme vriendskappe. Dis lekker teugie-vir-teugie, warm in die winter, soos sonbruin verkoel in die somer...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.