Lessons in Chemistry deur Bonnie Garmus
Ek het eenkeer ’n dokumentêr gesien waarin ’n sushimeester oor sy kuns gesels. Hy het gesê elke happie moet jou ’n “aaaaaa-gevoel” gee, asof jy in ’n warm bad ingly. Sekere boeke is so – helaas nie genoeg nie. Boeke soos Bonnie Garmus se Lessons in Chemistry. Ek kan dit nie hoog genoeg aanbeveel nie. Dis suiwer genot.
Elizabeth Zott is ’n kompromislose vrou. Kompromieë kom nooit eens by haar op nie. Sy is ’n wetenskaplike in die vroeë 1960’s, toe vroue liefs by die huis moes bly en kinders grootmaak in fleurige rokkies soos Stepford Wives. Sy het nie haar D voltooi nie, want haar mentor het haar seksueel geteister, aangeval en toe van die doktorale program afgeskop. Sy is ongelukkig sag op die oog, en in die manswêreld van laboratoriums en bunsenbranders word sy as ’n versiering beskou. Sy werk by die Hastings-navorsingsinstituut, waar ondergemiddelde manlike kollegas haar idees steel en met haar kallers ploeg terwyl hulle aan haar boud vat...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.