UIT DIE ARGIEF
Marthinus Versfeld: ‘Ons kan nie bekostig om oppervlakkig te wees nie’
In die somer van 1990 het Marthinus Versfeld, toe 80, pas sy jongste boek voltooi. RYK HATTINGH het destyds namens Vrye Weekblad by dié filosoof in die Kaap gaan kuier.
UIT DIE ARGIEF
Marthinus Versfeld: ‘Ons kan nie bekostig om oppervlakkig te wees nie’
In die somer van 1990 het Marthinus Versfeld, toe 80, pas sy jongste boek voltooi. RYK HATTINGH het destyds namens Vrye Weekblad by dié filosoof in die Kaap gaan kuier.
Deel
MARTHINUS Versfeld was besig om te werk toe ek daar aankom. In sy hand was die bladproewe van sy jongste boek, St Augustine’s Confessions and the City of God. Dis ook waar ons gesprek begin het.
“Jy weet, ek is al vir die laaste 60 jaar byna met Augustinus deurmekaar. Dis ’n konstante liefhebbery. Ek het op hom verlief geraak toe ek nog ’n student was. Dit is nou my finale afhandeling van Augustinus. Dit sal miskien ook die laaste ding wees wat ek skryf. Maar ek is nie ontevrede daarmee nie.
“Ek het baie sonde met die manuskrip gehad. Jy weet, die uitgewers wou wragtie ’n borg hê. Hulle wil niks riskeer nie. Nou God, ek gaan mos nie handeviervoet rondloop om ’n borg te kry nie. Toe het ek maar besluit ek sal dit self doen. Ek het dit aan Unisa gestuur, maar die mense wou dit nie uitgee nie. Dis nie geleerd genoeg vir hulle nie. It’s the gaffe of the century! Ek het dan nie genoeg aantekenings en goed nie. Ek is daardie stadium al baie lank verby...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikel