Dinge van ’n kind: Marita laat (weer) die wenkbroue lig

TV-REEKS

Dinge van ’n kind: Marita laat (weer) die wenkbroue lig

Marita van der Vyver se boek Die dinge van ’n kind is in ’n TV-dramareeks van 10 episodes verwerk. Sy gesels met ILZA ROGGEBAND oor dié reeks, die 1970’s, behoudendheid, diensplig en nou.

IN 1994 het Marita van der Vyver se boek Die dinge van kind ’n hele paar wenkbroue laat lig met kwessies soos tienerseks, selfdood, diensplig en die politiek van die dag. Nou bykans drie dekades later, is daar ’n TV-reeks, hierdie keer net Dinge van ’n kind, wat weer eens ’n opskudding gaan veroorsaak.

“As jy jou boek gee om verwerk te word, hetsy ’n fliek, toneelstuk of TV-reeks, gee jy nie vir die vervaardigers jou baba nie. Jy gee vir hulle ’n volwasse kind. ’n Volwasse kind wat jy net kan hoop jy met ’n goeie, sterk basis grootgemaak het.”

Marita van der Vyver het ’n bloedrooi serp om haar kop gedraai. Kaapstad is vandag op haar mooiste, die lug helderblou. Om ons krioel mense wat die Suidoosterfees by die Kunstekaap-teaterkompleks bywoon. Marita was op die boekeprogram om oor haar boek ’n Baie lang brief aan my dogter te praat, maar het ook vertonings en gesprekke bygewoon...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.