Douw Krüger het 30 jaar ’n loopbaan in produkontwikkeling en bestuur in die finansiële wêreld gevolg. Nou interesseer konfliksielkunde hom en doen hy konflikmediasie en help soms met konflikbestuur en opleiding. Hy hou van rondry met sy Land Rover en het al ’n bergpasse-ekspedisie gedoen. Verder bestee hulle so elke tweede jaar (Covid permitting) ’n paar maande in Duitsland waar hulle dogter woon. Tussendeur skryf hy soms iets.
WAT EET ONS VANAAND, SKAT?
Pastakok met ’n voorliefde vir knoffel
Van kind na student na getroude man en pa van drie ... DOUW KRÜGER vertel hoe sy kosmaaktalent ontwikkel het en deel 'n resep vir 'n hoender-en-noedelgereg met 'n paar variasies.
Deel
KOSMAAK is iets wat my sinne stadig en oor ’n tydperk van baie jare ingeneem het. As kind wat ook ’n deel van my jonglewe op ’n plaas met genoeg kombuishulpe gewoon het, het ek binnetoe gekom as my ma geroep het en die kos reeds op die tafel was. Ek het nie fiemies gehad nie en het alles geëet, maar Sondag se skaapboud en gebraaide aartappels was altyd die lekkerste.
Op universiteit het ek so effentjies met kosmaak kennis gemaak toe ek vir die laaste twee jaar in iemand se agterplaas “in die dorp loseer het” en self vir ontbyt en aandete moes sorg. Daarna, as jong werkende, was kosmaak maar iets wat ter wille van oorlewing gebeur het. Nog later, as getroude persoon, was my kosmaaklot vir heelwat jare tot die braaivuur beperk. Ná ons eersteling se geboorte het my vrou ’n tuisteskepper geword en daar was min geleentheid om ’n skuldgevoel oor kombuispligte te ontwikkel.
Maar so stadigaan het ek myself al hoe meer agter die kospotte bevind. Dalk was die tweeling se aankoms ’n faktor. ’n Tweeling verdubbel nie hulle ouers se pligte nie; dit verdriedubbel dit. Soveel te meer as daar reeds ’n sesjarige ouboet is en geen huishulp nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelDouw Krüger
RubriekskrywerDouw Krüger het 30 jaar ’n loopbaan in produkontwikkeling en bestuur in die finansiële wêreld gevolg. Nou interesseer konfliksielkunde hom en doen hy konflikmediasie en help soms met konflikbestuur en opleiding. Hy hou van rondry met sy Land Rover en het al ’n bergpasse-ekspedisie gedoen. Verder bestee hulle so elke tweede jaar (Covid permitting) ’n paar maande in Duitsland waar hulle dogter woon. Tussendeur skryf hy soms iets.