Die wankelrige Wilhelmina die Grote

ONDER DIE TOONBANK DEUR

Die wankelrige Wilhelmina die Grote

Die een hand was die ander en só kom mens makliker deur Afrika. Maar soms – en ook net soms – pla WILNA ADRIAANSE se gewete haar en neem sy die wapen van geregtigheid op teen omkopery.

DIT het alles begin met ’n stukkende Parker-pen op Murtala Muhammed-lughawe in Lagos, Nigerië. Die geliefde het daar aan ’n projek van die Wêreldbank gewerk.

Die grootouers en vriende het aangebied om na die kinders te kyk sodat ek kan gaan kuier. Daar is moontlik al boeke oor Lagos geskryf, want dit is ’n interessante stad. Ek gaan nie veralgemeen en van die hele Nigerië praat nie, want ek was net in Lagos. Ek het altyd gedink ek sal eendag woorde kry om die stad te beskryf, maar tot nou toe bly dit my ontwyk.

Jare gelede het ek ons middelste saamgeneem toe ek iemand moes besoek. Hy was vyf jaar oud, en ek het dit goed gedink om hom voor die tyd te waarsku dat ons huise nie dieselfde lyk nie, en dat hy nie kommentaar moet lewer nie. Ná die besoek, op pad terug huis toe, het hy ’n ruk lank doodstil op die agterste sitplek gesit, en toe laat hoor: “Mamma, ek sal niks sê nie, maar as ek iets mag sê, sal ek net sê, that was something different.” (Ek weet nie waarom die ervaring hom tot Engels gedryf het nie.)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.