Alliepad met die Kloofstraat-blues

VIA DOLOROSA IN KAAPSTAD

Alliepad met die Kloofstraat-blues

HERMAN LATEGAN kom al ’n lang pad met Kloofstraat in Kaapstad − vanaf 1964, toe hy daar verwek is. Op ’n onlangse wandeling van bo na onder het hy besef al het sy lewe hier begin, kom amper alles eendag tot ’n einde.

AGTER my was Tafelberg. Ek het in die straat afgestap waar ek as kleuter grootgeword het, skoolgegaan het, as weermaglid gewoon het, later student was, en gewerk het. Die straat soos hy vandag lyk, is uiteraard nie die pad wat ek van amper 60 jaar terug onthou nie.

My lenteblink jare in hierdie straat met sy nederige eenvoud en verskeidenheid van inwoners is verby, al staar ek terug. Dit raas, die taxi’s jaag, mense lyk kammalielies cool en sjiek, maar die stank van vertonerigheid en verskuilde angs klou aan die verhemelte.

Nog net in Soho in Londen (en Seepunt nogal) het ek soveel restaurante in een straat gesien. Skouer aan skouer. Daar is oor die 20. Ek kon nie almal tel nie. Sommiges is glo weggesteek; net ’n sekere groep lekkerbekke van die demi-monde weet waar hulle is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.