The end is nigh … of is dit?

ONS WAG OP DIE KAPTEIN

The end is nigh … of is dit?

Waarom het ons in ons koppe, in ons selle, ’n hunkering na ’n utopie? Na regverdigheid, voorspoed en guns? Waarom skok die slegtigheid van mense ons keer op keer, wonder DEBORAH STEINMAIR.

OORDEELSDAG, Armaggedon – in my kop is woorde vir die sogenaamde eindtyd in Bybelse terme geklee. My ouma, my rolmodel, was ’n vroom Chilias. Dit beteken iemand wat glo dat Christus sy ware gemeente kom wegraap. Daarna kom ’n Groot Verdrukking vir die onregverdiges, gevolg deur ’n Duisendjarige Vrederyk. Sy het vas geglo dit sou in haar leeftyd gebeur. Jesus se dissipels het ook geglo hy sou in hul leeftyd terugkom, en so ook vele heiliges deur die eeue. My ouma het my geleer dat ek nooit sou grootword en kinders kry nie. Toe ek 12 was, is sy alleen weggeraap, soos deur ’n dief in die nag. Was sy verbaas om Petrus by die poorte te sien? Skielik het ’n lang en eensame toekoms voor my uitgestrek.

Wanneer dit swaar gaan (soos min of meer regdeur die geskiedenis van die mens) word daar immer weer na hierdie strooihalm gegryp: Sekerlik moet dit die laaste van dae wees. Die uurglas loop leeg. Die oordeel is vol. Die kruik het by die put geval. Die seëls is gebreek en die trompet geblaas.

Ons kyk op Netflix na ’n doku-reeks, Sins of Our Mother. ’n Mormoonse vrou raak te vroom vir haar skoene, vol goddelike toorn, en moor almal wat volgens haar deur bose geeste besete is. Dit sluit in haar eksman, haar dogter en stiefseun. En die vrou van die pastoor in wie sy, volgens haar, haar eweknie in regverdigheid en godvresenheid gevind het. Saam wou hulle laer trek en die 144,000 uitverkorenes voorberei op die eindtyd. Spoiler alert: Sy het haar kinders op die werf begrawe en pakkamers vol blikkieskos versamel. Daar is altyd blikkieskos betrokke by komplotteorieë. Wat word van dié berge blik ná die vervaldatums?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.