SA steier onder losprys-ontvoerings

GRENSE VAN KRIMINELE WÊRELD OORSKRY

SA steier onder losprys-ontvoerings

Die nagmerrie-ontvoering van die vier Moti-seuns van Polokwane is eintlik net die opspraakwekkendste voorbeeld van ’n stortvloed soortgelyke misdade waarin veral welgestelde sakemanne uit Suid-Afrika se Moslem- en ander minderheidsgemeenskappe deesdae daagliks geteiken word, skryf ERIKA GIBSON.

MENSE wat betrokke is by die groot poging om die Moti-broers op te spoor, vermoed dat die ontvoerders nou eers laag lê totdat die ergste media-aandag bedaar.

Daar is tot dusver geen ander verklaring vir die ontvoerings nie as dat die ontvoerders geld eis. Die familie het volgens beskikbare inligting nog geen kontak met die ontvoerders gehad nie, maar die familie se prokureur, Philip Smit, het vroeër gesê hy vermoed dat die ontvoering geldelike bymotiewe het.

Die ontvoering van die vier seuns van 'n welgestelde sakeman van Polokwane het die hele land gaande en talle mense probeer help. Maar dis die soort misdaad waaroor daar in geheimhouding en meestal agter die skerms onderhandel word. Die ondersoekers praat nie daaroor nie. Ook nie oor die uitkoms nie, behalwe wanneer daar ’n vrylating is. En dis besig om skokkende afmetings aan te neem...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.