Wapenskandaal: Hiér lê die wortels van staatskaping

SPESIALE VERSLAG

Wapenskandaal: Hiér lê die wortels van staatskaping

Dit was die oomblik dat die ANC as regerende party sy morele kompas kwytgeraak het; waar die tafel vir die Zuma-era van staatskaping gedek is: die aankoop van gesofistikeerde fregatte, vegvliegtuie, duikbote en helikopters wat in 1996 gefinaliseer is. Die huidige epidemies van tenderbedrog, gunslone (kickbacks), roekelose oorbesteding en ondeursigtigheid het dáár begin. Gemeet aan die bedrae wat by staatskaping betrokke was, lyk die wapenskandaal se R30 biljoen (ná finansieringskostes waarskynlik nader aan R70 biljoen) na kleingeld. Maar die feit dat die diewe en korruptes daarmee weggekom het en steeds aktief aan die konkel is – die kommissie van ondersoek van regter Willie Seriti was ’n blatante toesmeerdery – het korrupsie deel van die regerende ANC en die land se politieke kultuur gemaak. Amper net so erg is die feit dat net enkele van die duur wapentuig vandag in gebruik is, berig die militêre korrespondent ERIKA GIBSON in dié spesiale verslag.

DIE nou ontslape oudminister van verdediging Joe Modise het in 1996 profetiese woorde gehad oor die weermag van die toekoms én die motivering vir destyds se duur wapentransaksies of strategiese wapenpakkette (strategic defence packages of SDP’s). Hy het die grondslag die drie “M’s” genoem: “money, machines and military personnel”.
Hy het waarskynlik nooit kon voorsien nie dat die SDP’s, maar veral twee van sy M’s – mense en geld – sou meehelp om die weermag te reduseer tot ’n skadu van die klein, maar moderne mag wat die land sou beskerm én ’n beduidende rol in Afrika sou speel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X