Nóg 'n spyker in die Prasa-kis: nuwe lokomotief-kontrak kan...

Skandevlek

Nóg 'n spyker in die Prasa-kis: nuwe lokomotief-kontrak kan biljoene méér kos

Prasa het reeds meer as R1,8 biljoen vir die aankoop van die lokomotiewe oorbetaal, berig SONJA CARSTENS, maar skuld nog R2,4 biljoen.


VOLGENS hofstukke wat by die Konstitusionele Hof ingedien is, sal dit Prasa R1 biljoen méér kos om 70 lokomotiewe aan te koop as die Appèlhof se besluit van krag bly om die oorspronklike aankoopkontrak tersyde te stel.
Lucky Montana, toe nog uitvoerende hoof van Prasa, het die lokomotiewe laat aankoop ingevolge ʼn kontrak wat op 25 Maart 2013 met Swifambo Rail Leasing gesluit is. Die prys was €3 657 052 en 'n euro het toe R10,18 gekos, teenoor die meer as R16 deesdae.
Prasa het reeds meer as R1,8 biljoen vir die aankoop van die lokomotiewe oorbetaal. Die uitstaande aankoopbedrag wat aan die internasionale spoortegnologiemaatskappy Vossloh in Spanje verskuldig is, is R2,4 biljoen.
Altesame 13 van die Afro 4000-lokomotiewe wat by Vossloh aangekoop is, is reeds in Suid-Afrika afgelewer.Hoewel die lokomotiewe aanvanklik te hoog was vir Suid-Afrika se spoornetwerk, is hulle sedertdien aangepas om op 95% van die land se spoorlyne gebruik te kan word, volgens die RSR.Nog sewe Afro 4000-lokomotiewe staan in 'n pakhuis in Spanje gereed om na Suid-Afrika vervoer te word.ʼn Verdere vyf hibriede lokomotiewe is gereed om na Suid-Afrika versend te word. Prasa sal die oorblywende 45 lokomotiewe luidens hofstukke binne agttien maande kan kry.Volgens die RSR behoort die hibriede lokomotiewe te oordeel na hul spesifikasies geskik te wees vir Suid-Afrika se spoorlyne. Dit kan egter nie bevestig word voordat die lokomotiewe afgelewer is nie.Die likwidateurs van Swifambo Rail Leasing voer in hofstukke aan dat die lewering van lokomotiewe aan Prasa met jare vertraag sal word as die kontrak tersyde gestel word en die tenderproses opnuut gevolg moet word.Prasa het nog nie aangedui of hy die aansoek teenstaan nie.

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.