Top-spioen agter ‘komplot’ teen Ramaphosa verdwyn spoorloos

Eksklusief

Top-spioen agter ‘komplot’ teen Ramaphosa verdwyn spoorloos

Thulani Dlomo, oud-ambassadeur in Japan, mobiliseer glo vir Jacob Zuma, skryf JACQUES PAUW

’n Top-amptenaar van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) het spoorloos verdwyn te midde van vrees dat hy deel is van 'n veldtog om President Cyril Ramaphosa ná die verkiesing tot 'n val te bring.
Hy is die gewese hoof van die SSA se spesiale operasie-eenheid (SOU), Thulani Dlomo, wat in 2014 'n intelligensie-operasie geloods het om van die top-struktuur van die SA Inkomstediens (SARS) ontslae te raak ten einde Jacob Zuma in staat te stel om Tom Moyane as kommissaris aan te stel.
Dlomo is 'n vertroueling van Zuma en is in Augustus 2017 deur die gewese president as Suid-Afrika se ambassadeur in Japan aangestel.

Dié aanstelling het gevolg nadat die Tesourie die onreëlmatige besteding van R1.5 biljoen deur die agentskap bevraagteken het. Die meeste van dié geld is deur Dlomo se SOU bestee.
Volgens News24 was hy geskors weens beweerde korrupsie wat verband gehou het met 'n reeks oorsese reise wat nooit goedgekeur was nie. Hy was ook glo betrokke by die onwettige werwing van 40 SOU-agente.   
Zuma het volgens berigte vir Dlomo te hulp gesnel en hom Japan toe gestuur om hom van skorsing en moontlike kriminele vervolging te red.
Dié ambassadeurspos is een van die gesogste en bes betaalde in die diplomatieke diens omdat Japan een van Suid-Afrika se grootste handelsvennote is.
In Januarie vanjaar het Ramaphosa en die minister van staatsveiligheid, Dipuo Letsatsi-Duba, vir Dlomo teruggeroep. Die amptelike verduideliking was dat hy en vier ander SSA-amptenare wat diplomatieke poste beklee moes terugkeer om die “kapasiteit van die agentskap te versterk”.  
Onwettige projekte
Vrye Weekblad se bronne sê egter dat Dlomo teruggeroep is sodat die agentskap hom kon ondervra oor onwettige projekte waarby die SOU betrokke was, die bevindinge van die Mufamadi-paneel dat hy by waarskynlike kriminaliteit betrokke was en dat hy deel is van 'n anti-Ramaphosa-veldtog om die president na die verkiesing te ontsetel.
Die Mufamadi-paneel is in 2018 deur Ramaphosa aangestel om die stand van die SSA te ondersoek. Hulle het onder meer bevind dat die SOU, onder die bevel van Dlomo, 'n “parallele intelligensiestruktuur was wat 'n faksie van die regerende party en die persoonlike belange van die sittende president (Zuma) gedien het”.

Ondiplomatieke optrede
Vrye Weekblad het egter van 'n baie betroubare bron verneem dat die Japanese regering by Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge gekla het oor Dlomo se “ondiplomatieke” optrede in Tokyo en versoek het dat hy verwyder moet word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.