Water: bangmaak hét gewerk in die Kaap

OP DIE WATERKAR

Water: bangmaak hét gewerk in die Kaap

Die strategie om te dreig met Dag Zero het 'n merkwaardig uitwerking gehad op mense se houding jeens water, skryf YOLANDI GROENEWALD.


NET meer as ’n jaar gelede was Kaapstad op die randjie van ’n afgrond. Ná drie jaar se aanhoudende droogte was die damme dolleeg en die toilette propvol.
As jy wou spoel, moes dit vir nommer twee wees. Swembaddens het begin leegloop. Lowergroen grasperke het verdor. Bure het mekaar dopgehou: Spuit jy nat? Hoekom lyk jou tuin so mooi? Oral op sosialemedia-platforms het wenke verskyn van hoe jy kon skoon kom met net ’n halwe emmer water. Die stad was reg vir die Groot Opdroog.
Stadig maar seker het Kaapstad se waterverbruik begin verminder. Steeds het damstatistieke een van die sewe ruiters van die eindtyd geword.
Die mense het aanhou spaar. Goed vir jou as jy stink; jy het nie water gebruik nie. Dag Zero is elke maand so ’n bietjie verder uitgestel, en nog ’n rapsie meer. Totdat dit heeltemal op die horison verdwyn het. Toilette was nie meer geel nie. Storttyd is versigtig langer gerek.
Van 450 miljoen liter per dag van Februarie tot September verlede jaar kon die naald opkruip na 500 miljoen liter per dag in Oktober. Toe 650 miljoen liter in Desember. Maar vyf maande nadat die waterkrisis verby is, gebruik Kapenaars steeds minder water as wat hulle mag.
Oudburgemeester Patricia de Lille is destyds haar burgemeesterskap kwyt oor die waterkrisis. Te min, te laat was die algemene konsensus. Nietemin is sy trots op die strategie wat Kaapstad sover gekry het om van 2016 tot 2018 sy verbruik met 55% te sny – wat die stad ’n ster op die internasionale verhoog gemaak het.
De Lille glo grondwater het ’n groot rol te speel om aan Kaapstad beter watersekuriteit te bied.
“Klimaatsverandering wys ons kan nie net op reënval steun nie. Die Wes-Kaap gaan net droër word en mense moet gereed wees daarvoor.”
Waarskuwing vir ander stede
Prof. Gina Ziervogel van die Universiteit van Kaapstad se African Centre for Cities sê Kaapstad se amperse ramp is ’n waarskuwing vir ander stede. Sy het op aandrang van die Nasionale Tesourie ’n verslag geskryf oor hoe Kaapstad die krisis oorleef het, en watter lesse toegepas kan word om ’n soortgelyke rampe in ander stede te vermy.
Sy glo ook plaaslike regerings kan nie alleen die verantwoordelikheid dra nie en sterk leierskap is nodig om ’n nuwe watervisie te skep.
“Ons het Dag Zero in Kaapstad vermy te danke aan ’n merkwaardige gesamentlike poging om ons watergebruik te verminder. Dit kon net bereik word deurdat burgers en besighede hulle gedrag drasties verander het, tesame met die talle waterbestuursmaatreëls wat deur die stad in werking gestel is."

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.