Die pad is lank en swaar, maar dalk bring Cyril ons daar

VERBATIM

Die pad is lank en swaar, maar dalk bring Cyril ons daar

Só sê die mense hierdie week ...


Geen ander hoop vir SA
Die reis weg van rassenasionalisme is moeisaam. Maar ek hou vas aan die geloof, bemoedig deur die uitslag in die Wes-Kaap, dat dit moontlik is. Dit sal langer neem as wat ons gehoop het. Maar ons moet aanhou, want daar is geen ander hoop vir Suid-Afrika nie.
– Helen Zille, uitgaande premier van die Wes-Kaap
Twitter-advies uit Londen aan die DA 
Strategic thinking requires one to take internal and external constraints into account. There is never a blank page. The page is always quite cluttered before you even begin.
– Ryan Coetzee, oudstrateeg van die DA en deesdae politieke konsultant in Londen
Kliek op die tweet hieronder om Coetzee se gedagtes oor politieke strategie te lees:
Konfyt moet van die vlieë ontslae raak
The Ramaphosa faction is in the ascendancy, greatly strengthened by the election result, but not yet out of harm’s way. The Zuma faction is terrified at the prospect of the legal processes and of losing lucrative government posts… and will fight back and do so in a dirty way. Those concerned over which side their bread is buttered have long moved like flies to jam with Cyril. He can now drive through with greater vigour his purge of the most obvious of the criminal elements and clean up the ANC and government.
– Oudminister Ronnie Kasrils
EFF: Dis nog net die begin
Die uitslag is die beste teken dat die EFF nou werklik 'n nasionale voetspoor het. Ons het die onmoontlike reggekry: om in alle uithoeke van Suid-Afrika te groei, en met meer as 70% te groei. Dit is histories. En tog, dis net die begin.
– EFF-woordvoerder Mbuyiseni Ndlozi
Baie opsies vir Supra
In terme van my eie loopbaan sou ek verkies om eerder 'n entrepreneur te wees as ek die kans gegun word. Maar omdat ek 'n revolusionêr is, neem ek aan die struggle deel, en omdat daar demokrasie in die ANC is, sal ek in die een of ander stadium in 'n posisie verkies word.
– Supra Mahumapelo, oudpremier van Noordwes
Mag die bemagtigste een wen
Die Mej. Suid-Afrika-kompetisie gaan oor die bemagtiging van vroue. Dit is hoekom dit belangrik vir my was om betrokke te raak en seker te maak dat dié unieke kompetisie voortgaan.
– Stephanie Weil van Weil Entertainment
Mmusi het sy bes gedoen
As leier van die DA neem ek volle verantwoordelikheid vir die verkiesingsuitslag. Ek kan eerlikwaar en met 'n skoon gewete sê dat ek my bes gedoen het en alles wat ek het tydens die aanloop tot die verkiesing gegee het … Ons moet die uitslag as 'n geleentheid gebruik om te verander wat verander moet word, en dan moet ons daarop bou.
– Mmusi Maimane, leier van die DA
Klomp ou NP’s, nie klomp ou KP’s
Mense maak die fout dat die Vryheidsfront Plus net 'n klomp ou KP’s is. Die geharde KP’s het nie in 1994 en daarna gaan stem nie. Ons 1994-kiesers was meestal ou NP’s wat vir genl. Constand Viljoen ondersteun het. Dis hoekom hulle in 1999 so maklik oorgespring het DA toe.
– Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront-Plus
Skep vir húlle ’n tuiste in die DA
There are a growing number of progressive, economically literate black people who are persuaded by logic rather than historical accomplishments during the liberation struggle, and who want a prosperous, corruption-free country of which they can be proud. They need a political home. The DA should go after them unashamedly, now that it can no longer be held back by the white right within its fold. It should ensure that its benches in the country’s legislatures are as representative as its public marches and rallies.
– Sakeleier en oudredakteur Kaizer Nyatsumba
Rasse-petrol op Schweizer se vuur
Daar was al klaar probleme met grondonteiening, droogte en geld. Vir vyf maande het die dorp nie eens water gehad nie. Toe hierdie rasseherrie losbars, was dit petrol op die vuur. Die EFF het by die skool gaan toi-toi en rubberbande verbrand.
– Coenraad Herbst, DA-raadslid in Schweizer-Reneke, oor sy party se slegte vertoning in die dorp
Hopelik werk die groen lig met batterye
A deteriorating Eskom plant performance, propelled by old-generation infrastructure, suggests that we are now in need of more investment in new-generation capacity to replace the old power plants. This happens at a time when Eskom’s balance sheet is at its weakest in a long time. Partnerships between the private sector and government need to be intensified as a necessity.
– Jeff Radebe, minister van energie, in 'n brief aan die elektrisiteitreguleerder wat die groen lig moet gee dat maatskappye krag mag opwek en aan Eskom verkoop
Hulle hang ’n wolk oor haar
Her name has been dragged through the mud by opposition, including some of her colleagues. The latest move is aimed at hanging a dark cloud over her head so that ANC branches and community may lose faith in her.
– Die ANC-Vroueliga in eThekwini oor burgemeester Zandile Gumede, wat dié week op aanklagte van korrupsie in die hof verskyn het.
Vier Plus een is Vyf
Ons is nou een van die Groot Vyf.
– Pieter de Necker, 'n ontleder van die Vryheidsfront-Plus.
Verdedig om te wen
Ons moet doen wat die Springbokke laas jaar in Wellington gedoen het. Hulle het vir 80% van die wedstryd verdedig en tog met 'n beroemde oorwinning weggestap. Die sleutel is natuurlik om geleenthede aan te gryp en punte aan te teken.
– Norman Laker, die Stormers se verdedigingsafrigter, oor sy rugbyspan se wedstryd Saterdag teen die Nieu-Seelandse Crusaders.
NUUT: Jy kan nou kommentaar lewer op hierdie storie. Gaan na heel onder op hierdie bladsy om jou sê te sê. Ons hoor graag van jou!

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.