Boris Johnson: Pylreguit piesangs en ’n los kanon wat aan die...

BORENTRANCE OF BOREXIT?

Boris Johnson: Pylreguit piesangs en ’n los kanon wat aan die swart gat moet ontsnap

Die windmaker kan sy eie grootste struikelblok wees in sy opmars na die Britse premierskap, skryf ADRI KOTZÉ, ons korrespondent in Londen.

IN die Brexit-tragikomedie waarin Brittanje die afgelope drie jaar vasgevang is, is die gunsteling om die koninkryk uit die gemors te lei 'n man wat daarvan beskuldig word dat hy aanhoudend lieg, sukkel om te konsentreer en sy eie kollegas ondermyn. Dís nou benewens sy politieke blapse, enorme ego, minagting vir die sakesektor en rokjagtery.

Boris Johnson, die beroepswedders en ontleders se oorweldigende gunsteling om by die stokkerige Theresa May oor te vat as leier van die Konserwatiewe Party, lyk haas onstuitbaar in sy opmars na Downingstraat 10.

Dit is ondanks die feit dat hy in 'n voorverhoor moet verskyn oor bewerings dat hy vir die publiek gejok het in die aanloop tot die Brexit-referendum in 2016. Johnson word privaat vervolg oor onder meer aansprake dat Brittanje elke week £350 miljoen (vandag bykans R647 biljoen) aan die Europese Unie betaal vir lidmaatskap en dat dié geld eerder aan die nasionale gesondheidsdiens kan gaan...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.