Mosambiek: Wie is agter dié vlaag wrede aanvalle?

MOTIEWE DUISTER

Mosambiek: Wie is agter dié vlaag wrede aanvalle?

Probeer een of ander groep 'n Islamitiese staat in die noorde van Mosambiek tot stand bring, of is daar 'n komplekser verklaring vir die aanvalle daar die afgelope twee jaar waarin honderde mense al gesterf het, vra JASMINE OPPERMAN.

MINSTENS 15 mense is Woensdagaand dood toe ses aanvallers toegeslaan het op 'n voertuig in die Quiterajo-gebied in Cabo Delgado, Mosambiek se noordelikste provinsie. 'n Tuisgemaakte bom is glo gebruik om die voertuig tot stilstand te dwing.

Weermagsoldate het probeer teenstand bied, maar het ná 'n ruk voet in die wind geslaan.

En op die aand van 16 Mei het 'n onbekende aantal aanvallers toegeslaan op 'n distrikskantoor van die regering in die dorp Palma in Cabo Delgado. Vier mense het gesterf en minstens twee is gewond of beseer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.