Godsdienspraktyke hoort nie in openbare instellings

SKEIDING VAN KERK EN STAAT

Godsdienspraktyke hoort nie in openbare instellings

Dat 'n meerderheid dalk 'n sekere religieuse oortuiging in 'n skool of in die parlement deel, is geen goeie rede om dit ook op andere te wil afdwing nie, skryf JONATHAN JANSEN.

OP 27 Mei het Laerskool De Waveren in Ruyterwacht, Kaapstad, 'n brief aan ouers uitgestuur wat enigiemand behoort te skok wat aan die waardes van ons jong demokrasie glo. 

In die brief kondig die skoolhoof aan dat omdat “die meerderheid van die skool se leerders aan die Christelike geloof behoort, sal ons op 30 Mei 2019 vir Hemelvaart gesluit wees”.

Dan, om onchristelike kwaadwilligheid by ’n onwettige stap te voeg, gaan die brief voort om te sê “ons respekteer ook die Moslemgeloof en verstaan dat Eid op 5 Junie is. Ons stel voor dat [Moslem-] leerders die eksamens om 9:00 bywoon, en dan vertrek om [Eid] te vier nadat hulle die vraestel voltooi het, indien hoegenaamd moontlik”...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.