Ons moet die konflik op kampusse stop!

KRUITVAT

Ons moet die konflik op kampusse stop!

Die rassespanning tussen swart en wit is 'n kruitvat wat gaan ontplof, maan DEON VISSER, tensy ons anders begin dink oor mekaar en openbare figure en politieke leiers ophou om die situasie uit te buit.

EK het skoolgegaan op 'n klein Noord-Kaapse dorpie waar die Vaal -en die Oranjerivier bymekaarkom. Pouses was natuurlik die hoogtepunt, maar met dié verskil dat dit nie oor kosblikke, meisiekinders of sigarette gegaan het nie. Ons het sokker gespeel. Matrieks en standerdsesse teen die res.
Ons “veld” was 'n stuk kalkgrond wat met klippe besaaid was en ons ref kon nie kroek nie, want daar was nie 'n ref nie. Die wedstryd … nee wag, die óórlog is gevoer vir 30 minute lank, 'n bloedige affêre waar stukkende knieë en af-enkels aan die orde van die dag was. Soms het die manne mekaar gegryp en dik gedonner. En smiddae as ons huis toe gaan, kon niemand onthou wie gewen het of wat die telling was nie. Matrieks en ses teen die res. Ons en julle.
Vandag voer jong mense die stryd met vinnige vingers wat oor skerms flits in die veiligheid van hul kamers, maar die oorlog is veel erger en baie gevaarliker.
Kloof tussen studente
Op Dinsdag 21 Mei vanjaar was 'n senior finansiële amptenaar van die Universiteit van die Vrystaat in 'n bakleiery met 'n klomp studente wat hoofsaaklik in rooi geklee was. Hy kon ernstig seer gekry het. 'n Vrouestudent beweer dat 'n groep mans gedreig het om haar foon af te vat en haar dood te maak as sy nie ophou om die voorval te verfilm nie. Klasse is onderbreek en antwoordstelle is opgeskeur. Op sosiale media is daar talle bewerings van studente wat mekaar gedreig het; nog van personeellede wat rondgestamp is.

Dié artikel gaan nie oor die bakleiery nie. Ek is nie bevoeg om al die strominge voor en agter die skerms te beskryf nie. Dié artikel gaan oor die diep kloof wat tussen wit en swart mense is en die rassehaat wat aangevuur word deur mal politici op veral sosiale media, die openlike haat en rassistiese opmerkings wat jong mense (én die ouer garde, maar dit gaan nie hier oor hulle nie) teenoor mekaar opper.

Direk ná die insident moes Mark Zuckerberg seker 'n paar ekstra verkoelingstelsels aankoop om die hitte op Facebook te probeer afkoel. 'n Swart student praat van “white cunts”. 'n Wit student beskryf Sotho as “caveman language”...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.