BROLLOKS & BITTERGAL | Skandalige joernaliste, Comical...

POLITIEK

BROLLOKS & BITTERGAL | Skandalige joernaliste, Comical Ace en die paniekknoppie

Kieswetter en Batohi moet nou hul kant bring om van die ANC se gevaarlike narre ontslae te raak, smeek ons skinderbekke dié week. Van die arme drommel Ace Magashule se ekonomiese uitsprake tot die Watsons se geldsake en David Mabuza wat die ANC se skoonwas-kommissie soos 'n viool gespeel het, hierdie week was daar weer meer as genoeg drama om oor te lag (en huil).

DIE berugte brein agter die formidabele misdaadnetwerk in Chicago in die 1920’s, Al “Scarface” Capone, het net in 1927 sowat $30 miljoen in omkoopgeld aan polisiemanne, federale ondersoekbeamptes, aanklaers en politici betaal om uit die tronk te bly. Hy het nooit 'n bankrekening in sy eie naam gehad nie, al was hy een van die rykste misdadigers in die Amerikaanse geskiedenis. Hy was volgens goeie getuienis verantwoordelik vir die moord op minstens 30 mense, maar is nooit vir moord, intimidasie, bedrog of geldwassery aangekla nie.

Al waarop die gereg hom kon vaspen, was dat hy die inkomstebelastingwette oortree het. In 1931 is hy vir 11 jaar tronk toe gestuur. Dit was die einde van Al Capone.

Alle bedrieërs, diewe en geldwassers wat hul sout werd is, ook hier in sonnige Suid-Afrika, kén dié geskiedenis. Jy kan ontken dat jy skelm is en geld steel of omkoopgeld vat, maar êrens moet jy die geld bêre en belasting daarop betaal...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.