Cyril en Ace: Wanneer breek die damwal?

KWALITEIT, KWANTITEIT, KWANTITATIWITEIT ...

Cyril en Ace: Wanneer breek die damwal?

Ace Magashule se openlike gekoggel van pres. Cyril Ramaphosa en sy kernspan het nou heeltemal onhoudbaar geword, selfs vir 'n gebroke party soos die ANC, want die ekonomie begin nou daaronder ly, skryf MAX DU PREEZ.

DIE faksies in die ANC voer in die openbaar oorlog met mekaar. Die ekonomie het die eerste kwartaal skerp gekrimp. Die populiste in die regerende party flikflooi met radikale ekonomiese konsepte soos kwantitatiewe verruiming en is vasbeslote om die status van die Reserwebank te ondermyn. Dit lyk of misdadige geweld en aanvalle op plase skielik toeneem. Die rand raak-raak aan R15 vir 'n dollar. Eskom, Transnet en SAA wankel.

Suid-Afrikaners wat begin wonder of die land in 'n onafwendbare afwaartse spiraal vasgevang is, kan nie meer summier as paranoïes afgemaak word nie. Vir baie voel dit asof Suid-Afrika 'n krisis of twee weg is van die begin van 'n ineenstorting.

Die breë verwagting dat 'n goeie vertoning deur die ANC in die Mei-verkiesing tot 'n herlewing van Ramaphorie sou lei omdat die president sy aangevraagde mandaat vir vernuwing en ekonomiese groei gekry het, is nou in die modder van faksiepolitiek vertrap...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X