‘Gekaapte’ aanklaers in doodsnikke van Zuma-presidensie bevorder

KiNKEL IN DIE KABEL

‘Gekaapte’ aanklaers in doodsnikke van Zuma-presidensie bevorder

Drie van Zuma se “bevorderde” staatsaanklaers wat geïmpliseer is in die kwaadwillige vervolging van topamptenare wat staatskaping en korrupsie beveg het, wil nou self terugveg, skryf JACQUES PAUW.

NET dae voordat Jacob Zuma in Februarie verlede jaar as president bedank het, het hy 'n presidensiële minuut onderteken wat altesame sewe amptenare van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) tot direkteure van openbare vervolging (DOV’s) bevorder het. Onder hulle was glo Torie Pretorius, Sello Maema en Raymond Mathenjwa, wat by die kommissie van ondersoek na staatskaping en in die Mokgoro-ondersoek geïmpliseer is in die kwaadwillige vervolging van topamptenare wat staatskaping en korrupsie beveg het.

Dié bevorderings sou van die mees sensitiewe vervolgings in die hande geplaas het van 'n kabaal onder leiding van Shaun Abrahams, toe nog nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), en sou Zuma se bykans totale kaping van die NVG tot gevolg gehad het.

Kort nadat Cyril Ramaphosa as president verkies is, is hy bewus gemaak van dié bevorderings, en hy het dit vroeg in Maart verlede jaar nietig verklaar...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.