Só het fluitjieblaser die Guptas en ANN7 oopgeblaas

ANGS EN MOED

Só het fluitjieblaser die Guptas en ANN7 oopgeblaas

Die joernalis Rajesh Sundaram het vandeesweek voor die Zondo-kommissie getuig. Dit volg op die verskyning van sy boek, Indentured: Behind the Scenes at Gupta TV, verlede jaar. Hierin het hy die tyd beskryf wat hy vir Ajay en Atul Gupta gewerk het en hul 24-uur-nuuskanaal, ANN7, op die been gebring het. NADIA GOETHAM, Sundaram se uitgewer, vertel van die proses om die boek die lig te laat sien – ’n projek wat vier jaar geduur het.

DIE manuskrip, wat vroeg in 2014 ingedien is, is nou uiteindelik geredigeer, die uitleg is gedoen en die blaaie is geproeflees. Die vierde regslesing is gedoen en het ons soveelste regskenner se stempel van goedkeuring gekry. Ons kan amper drukkers toe gaan.

Daar bly net een stap oor in die siklus van verifikasie en stawing voor ek as uitgewer die manuskrip drukkers toe kan stuur. As alles volgens plan verloop, sal die boek oor vier weke op die rakke wees en sal dit ook as e-boek beskikbaar wees.

Die heel laaste stap verg moed. Aan die een kant voel ons aangevuur deur die stroom inligting wat die afgelope paar maande byna op ’n weeklikse basis bekend word deur boeke en nuusplatforms. Dit het ons ook gehelp om sommige moeilike punte in ons boek te verifieer. Topverkopers soos The President’s Keepers deur Jacques Pauw, en Pieter-Louis Myburgh se The Republic of Gupta, sowel as die ontsaglike klomp inligting wat aan die lig gekom het deur die GuptaLeaks, het aangedui dat die gety in Jacana Media se guns begin draai. Die publikasie van Indentured: Behind the Scenes at Gupta TV deur Rajesh Sundaram is op hande...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.