Só kasty die howe vir Mkhwebane

ONBEVOEG OF ONEERLIK?

Só kasty die howe vir Mkhwebane

Die openbare beskermer het onder meer 'n woordeboekdefinisie ingespan om Pravin Gordhan en Ivan Pillay van korrupsie te beskuldig, maar in die proses deurslaggewende dokumente en regsmenings geïgnoreer dat Pillay se pensioenuitbetaling wettig was, skryf JACQUES PAUW.

NIE eens die gewese kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) Tom Moyane het geglo daar was iets fout met Ivan Pillay se vervroegde pensioen nie.

Moyane het sy mes ingehad vir dié gewese waarnemende SAID-kommissaris en het sélf die saak laat ondersoek ten einde hom te probeer aankla.

Die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het 'n regsmening wat Moyane oor die saak bekom het totaal geïgnoreer. Dié mening verklaar dat die prosedure rondom die vervroegde pensioen wettig en behoorlik was...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.