Reserwebank-oorlog: Dís waaroor Twitter-bloed spat

RUSIE IN DIE ANC

Reserwebank-oorlog: Dís waaroor Twitter-bloed spat

Selfs ons politici weet darem meestal dat die Reserwebank nie die bank is wat moet opdraf as een van die ander banke seergekry het nie, maar wat presies ís dié instelling dan, en waaroor gaan al die bohaai nou weer? WILLEM KEMPEN wonder ook.

AS jy vir tien Suid-Afrikaners op straat 'n R100-noot wys en hulle elkeen vra wat dit werd is, gaan jy uiteenlopende reaksies kry. Waarskynlik gaan drie of vier van hulle die geld gryp en laat spaander, twee of drie gaan vra of jy vir hulle werk het, en die res gaan grappies maak soos “Sowat 7% minder as verlede week.”

Die punt is dat die mense by die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) die naaste is wat enigeen daaraan gaan kom om te weet wat daardie R100-noot werd is, en selfs hulle kan nie altyd seker wees nie. Om by 'n antwoord uit te kom, kan mens dinge vra soos: Wat kan ek met R100 koop? Hoeveel R100-note is in die land in omloop? Sal enige besigheid die R100 aanvaar in ruil vir die goedere of dienste wat ek by hulle wil koop? Hoe lank moet ek werk vir elke R100 wat ek as vergoeding betaal word? As ek iets uit 'n ander land wil invoer, sal ek eers my rande moet ruil vir daardie land se geldeenheid, en teen watter wisselkoers? En ook: Gaan die antwoord op enige van hierdie vrae oor 'n maand erg verskil van wat dit vandag is?

Die Reserwebank se belangrikste taak – sy mandaat – is om seker te maak hierdie laaste vraag word nie met 'n “ja” beantwoord nie: prysstabiliteit, dus. Só word hierdie mandaat in die Grondwet omskryf: “om die waarde van die [land se] geldeenheid te beskerm in die belang van gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei in die Republiek”...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.