Die jakkals van Parys se stert is vasgeknoop

HI-ACE

Die jakkals van Parys se stert is vasgeknoop

Hoe lank nog voordat Ace Magashule uiteindelik tot 'n val kom, wonder baie mense. Onthou net, dié man het die kuns van politieke oorlewing by oudpres. Jacob Zuma geleer, maan JACQUES PAUW.

ELIAS Sekgobelo Magashule (60) is een van die gehardste, mees geslepe politieke operateurs in die Suid-Afrikaanse politiek van die laaste twee dekades. Twintig jaar lank het dié boorling van Parys 'n private empire in die Vrystaat opgebou en gesorg dat hy en sy kinders nooit weer arm sal wees nie.

Magashule is net soveel van 'n teflon-man as sy “comrade-in-crime", Jacob Zuma. Van sy aanvanklike verkiesing tot provinsiale ANC-voorsitter in 1998, deur sy jare as LUR en tussen 2009 en 2019 as premier het hy korte mette met al sy teenstanders gemaak en skandaal op skandaal oorleef.

Die laaste 18 maande was Magashule die teengif vir die Ramaphorie wat die land ná Cyril Ramaphosa se verkiesing as ANC-leier nuwe hoop gegee het dat die Zuma-nagmerrie omgedraai kan word. Magashule was die argitek en die hoofkoördineerder van die terugvegveldtog van ou Zuma-lojaliste en mense wat by staatskaping baat gevind het. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.