Vloek: Hoekom daai blou woorde so lekker van die tong afrol

MOOI SIT, LELIK PRAAT

Vloek: Hoekom daai blou woorde so lekker van die tong afrol

Vloekwoorde. Dis obseen, vulgêr, godslasterlik, taboe en moet ‘gesensor word’. ELSABÉ BRITS kyk na die oorsprong van woorde soos ‘maaifoedie’, ‘moer’, ‘neuk’, ‘fok’ en ‘blerrie’ (en sommer 'n klomp ander knallers) en verduidelik hoe die brein reageer op taboe-woorde.

WOORDE is nie net 'n heenwysing nie, maar het 'n konnotasie. Dit het 'n emosionele inkleuring afsonderlik van die letterlike betekenis daarvan.

Die verskil is duidelik in hoe ons taboewoorde en hulle sinonieme ervaar, soos “feses” en “kak”, verduidelik Steven Pinker, bekende kognitiewe sielkundige en taalkundige aan Harvard-universiteit in sy boek The Stuff of Thought.

Ons ervaring met vloekwoorde is diep in ons brein gesetel. Pinker verduidelik in die brein is onder meer twee sisteme betrokke: die limbiese sisteem wat 'n antieke netwerk is wat emosie en motivering beheer; en die neokorteks – die geriffelde oppervlak wat gedurende evolusie soveel ontwikkel het. Daar lê 'n mens se waarneming, beplanning, kennis en redeneringsvermoë...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.