Dié nuwe Afrikaanse beweging is Betereinders, nie bitterbekke nie

EK HELP IEMAND – WAT DOEN JY?

Dié nuwe Afrikaanse beweging is Betereinders, nie bitterbekke nie

Hulle stem nie oor alles saam nie, maar is bereid om te gesels oor issues. Betereinders: ’n beweging wat Suid-Afrika eenvoudig wil beter maak. MICHÈLE MEYER het gaan hoor hoe.

HUL naam is Afrikaans. Hulle nooi Afrikaners om deel te word van hierdie beweging. Los egter die tentpenne en grondseile – Betereinders is nie ’n minderheidsregte-laertrek-kampterrein nie. As ’n Afrikaner kies om 'n Betereinder te wees, impliseer dit onomwonde Suid-Afrikaner-wees in totaliteit.

Hierdie binne-nooi is na ’n unieke ruimte waar jy jou gaan vasloop in jou naaste, mede-Suid-Afrikaners, alle Suid-Afrikaners. Afrikaner-identiteit is ’n Betereinder-fokus, maar allesbehalwe ’n doel op sigself. Met ’n leuse soos “Wees Een/Be One” posisioneer die beweging sigself alternatief, met ’n vars blik op nasie-wees. Diegene wat dus dink hulle vind hier fakkeldraers vir eksklusiewe Afrkaans-wees, vir saam sit en volksliedjies sing, dit is not a FAK.

Soos dit enige beweging betaam, is daar reëls. Kan jy tot drie tel en selfdissipline handhaaf, is jou kop deur betreffende die Betereinder-erekode: Moenie kla nie. Doen goed. Werk inklusief...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.