Hoe ’n onsigbare betaalstelsel ons banke omseil en ons...

ONDERSOEK

Hoe ’n onsigbare betaalstelsel ons banke omseil en ons regstelsel in die war hou

’n Ou, onsigbare Chinese betaalstelsel wat onder almal se neuse gebruik word, maak dit moeilik om smokkelaars te vervolg. JOHN GROBLER skryf dat dié skelm manier van sake doen moeilik hier in Afrika uitgeroei sal word.

’N SKELM betaalstelsel – ’n ou, maar hoogs gesofistikeerde handelgebaseerde finansiële stelsel bekend as “Chinese Flying Money” of fei qian in Mandaryns  – word gebruik in die multibiljoenrandse internasionale wildsmokkelbedryf. Onwettige kommoditeite word as ’n vorm van valuta gebruik om massiewe bedrae geld buite die bankstelsel rond te skuif.

Die truuk agter fei qian is dat die geld China nooit werklik verlaat nie. “Dit is net kommoditeite wat rondgeskuif word as deel van ’n langer betalingsketting onder die Chinese diaspora oor die wêreld heen," verduidelik Peter Andrews*, 'n voormalige finansiële kenner van Singapoer.

Die massiewe getal vraghouers wat daagliks in die internasionale handel verskeep word, maak dit moontlik om die fei qian-transaksies in die ope te verberg. Die vraghouers met smokkelgoed word soos harde kontant tussen Afrika en die Verre Ooste rondgeskuif...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.