Jan Taks is met R158 biljoen ingeloop, maar slyp nou opnuut sy tande

STAATSKAPING

Jan Taks is met R158 biljoen ingeloop, maar slyp nou opnuut sy tande

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het tydens die bewind van Tom Moyane as kommissaris 'n rampspoedige R158 biljoen minder inkomste vir die staatskas verhaal as wat andersins moontlik sou gewees het, skryf JACQUES PAUW.

R158 BILJOEN* is genoeg om al 17 miljoen maatskaplike welsynstoelaes vir die 2018-’19-boekjaar te betaal, of 1,4 miljoen Hop-huise of 4,000 skole te bou, of 'n substansiële gedeelte van Eskom se skuld van R420 biljoen te betaal.

Dié bedrag is volgens 'n ekonomiese en maatskaplike dinkskrum, die Alternatiewe Inligting- en Ontwikkelingsentrum (AIO), die onderverhaling van inkomste van 2014 tot 2018, toe Moyane aan die hoof van die SAID gestaan het.

Die AIO, wat in 1996 gestig is, beywer hom vir die versterking van maatskaplike geregtigheid “deur middel van progressiewe en alternatiewe kennis”...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.