Optimisme alleen gaan SA se wa nie uit die drif kry

STAATSREDE

Optimisme alleen gaan SA se wa nie uit die drif kry

Pres. Cyril Ramaphosa het hopelik in die lewering van sy staatsrede besef: Suid-Afrikaners kan nie langer gepaai word met blote praatjies oor ekonomiese groei en werkskepping nie, skryf PIET CROUCAMP.

POLITIEKE ontleders is so dikwels verkeerd as wat politici onwaarhede smous. Ek skryf dus hierdie artikel in antisipasie van die foute wat die president Donderdagaand in sy staatsrede gaan maak. Met publikasie sal ons weet hoe goed my oordeel was. 

Ná afloop van Cyril Ramaphosa se eerste staatsrede in Februarie vanjaar was daar landswyd ’n gevoel van optimisme. Dié optimisme was weliswaar vaardig vanaf ’n lae basis, maar uiteindelik het ons ’n president gehad wat nie net intelligent geklink het nie, maar wat ook nie sy gehoor se begrip van hul eie leefwêreld onderskat het nie. 

Optimisme sal egter nie weer die ding doen nie; daar moet nou substansie in die aanbieding wees. Die probleem is, die president is waarskynlik in baie opsigte nie in ’n beter posisie as in Februarie nie. Sy party, as ’n kollektief, koop nie noodwendig in op sy leierskap nie, en sy selfvertroue om ’n nuwe politieke padkaart te karteer is tentatief. Boonop vertrou geen binnelandse kapitaaleienaar die ANC nie; Suid-Afrikaners is netto-uitvoerders van beleggingskapitaal. En niks gaan dit binnekort verander nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.