POLITIEKE NOTABOEK | Dís hoe jy demonisering normaliseer; en...

TERUGBLIK OP DIE WEEK

POLITIEKE NOTABOEK | Dís hoe jy demonisering normaliseer; en Cyril moet by FW kers opsteek

MAX DU PREEZ skryf oor Ace se mandjievol charlatans wat topposte in die parlement gekry het, ambassadeur Zindzi Mandela se vervloeking van landgenote en Tony Yengeni die verontwaardigde rykgat.

SOOS die bemarkingsfrase van die bekende advertensie vir Cremora gelui het: “They’re not inside, they’re on top!"

Minstens sewe van die voorsitters van die parlement se portefeuljekomitees wat eergister aangekondig is, hoort myns insiens in die tronk, nie naby posisies van mag nie: Bongani Bongo, Tina Joemat-Pettersson, Mosebenzi Zwane, Supra Mahumapelo, Joe Maswanganyi, Faith Muthambi en Sifiso Buthelezi. Dis 'n vrolike Zuma-reünie: Mahumapelo is die gewese premier van Noordwes, Buthelezi 'n gewese adjunkminister en die ander almal lede van Jacob Zuma se kabinet. Elkeen van hulle word op die oomblik deur óf die parlement self of die Valke ondersoek.

By dié lys moet 'n mens waarskynlik vir Cedric Frolick byvoeg wat volgens getuienis voor die Zondo-kommissie R40,000 'n maand van die korrupte Bosasa ontvang het. Hy is die voorsitter van die Huis, ook bekend as voorsitter van voorsitters...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.