Koppe stamp oor hof se nuwe plan met eise ná pad- en treinongelukke

IN DIE HOF

Koppe stamp oor hof se nuwe plan met eise ná pad- en treinongelukke

Slagoffers van ongelukke wat eise by die Padongelukkefonds (POF) en Spoorvervoeragentskap van Suid-Afrika (Prasa) ingedien het en reeds jare wag dat sake verhoor word, het nóg ’n terugslag gekry, skryf ERIKA GIBSON.

’N DIREKTIEF uit die kantoor van die hoofregter in Gauteng kan slagoffers se reg op toegang tot howe inperk en beseerdes van vergoeding ontneem.

Die direktief, wat uitgevaardig is deur regter Dunstan Mlambo, regter-president van Gauteng, kan 'n grondwetlike kwessie word indien 'n oplossing tussen die POF en prokureurs nie betyds bewerkstellig word nie.

In dié lywige dokument gee Mlambo stap-vir-stap-opdragte oor hoe sake van 1 Julie in Pretoria en Johannesburg op die rol geplaas en gehanteer gaan word, asook wat gedoen moet word voordat 'n siviele saak kan begin. Die doel is om oorvol hofrolle te verminder en probleme uit te skakel wat keer dat sake afgehandel word, maar regslui meen die direktief gaan nadelig vir die publiek wees...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.