Munisi-faal-iteite word al hoe vrotter terwyl Cyril lugkastele ...

WANBESTUUR

Munisi-faal-iteite word al hoe vrotter terwyl Cyril lugkastele bou

Die grootste werkverskaffer in Standerton in Mpumalanga het ’n waterkrisis. In die Vrystaat en die Oos-Kaap kniehalter kragprobleme koringmeule. SISEKO NJOBENI skryf dat dit dieselfde storie is oor die land heen, met 62% van munisipaliteite wat skaars kan funksioneer.

ASTRAL FOODS het in 2014 ’n dierekos-meule gebou in Standerton, ’n dorp aan die Vaalrivier, sowat twee uur se ry van Johannesburg af. Dit was presies die regte ekonomiese belegging om groei, werkskepping en beter mededingendheid op wêreldmarkte aan te moedig.

Astral, wat meer as 200 miljoen hoenders per jaar verkoop, is die dorp se grootste werkverskaffer, asook die grootste verbruiker van elektrisiteit en water. So jy sou dink dat die plaaslike Lekwa-munisipaliteit sou sorg dat Astral krag en water kry.

Maar toe nou nie. Produksie by Astral word gyselaar gehou deur die verkrummelende infrastruktuur en ’n onbeholpe raad...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X