Weermag-herrie oor Moslem-kopdoek: Behoede ons van dié reëls

GEVEG OOR MOSLEM-KOPDOEK

Weermag-herrie oor Moslem-kopdoek: Behoede ons van dié reëls

Is 'n Moslem-kopdoek saam met 'n uniform so 'n ernstige oortreding dat die weermag bereid is om een van slegs enkele patologiese tegnoloë in sy diens daaroor te ontslaan? ERIKA GIBSON bekyk dié en ander voorvalle van wat na ongelyke toepassing van dragregulasies lyk.

’N SENIOR offisier in die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens (SAMGD), maj. Fatima Isaacs (47), word deur ontslag bedreig nadat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) ’n onverbiddelike houding ingeslaan het oor haar eis om ʼn Moslem-kopdoek onder haar militêre pet te dra.

Isaacs, departementshoof van die forensiese patologie-afdeling by 2 Militêre Hospitaal in Wynberg, dra al van 2009 af haar diskrete “onderdoekie” vanweë haar geloofsoortuigings. Dié is nie eens die volle kopdoek wat Moslemvroue gewoonlik dra nie, maar die swart, dun ene onder die volle doek – juis om so min as moontlik inbreuk te maak op die bestaande dragregulasies.

Sy het tot twee jaar gelede sonder probleme spesiale magtiging gehad om só geklee haar land te dien. Die afgelope twee jaar baklei sy egter teen haar bevelvoerder, kol. Jack Molomo, wat haar beveel het om die doek af te haal...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.