Geraamtes uit die verlede

KOSBARE SKATTE

Geraamtes uit die verlede

’n Taakspan van die nasionale vervolgingsgesag soek al 14 jaar lank na die “vermistes” – mense wat deur die apartheidstaat vermoor is. KARYN MAUGHAN het kennis gemaak met die vrou wat aan die hoof staan van die span wat soek na die “wêreld se kosbaarste skatte”.

MADELEINE Fullard hurk in ’n oop graf in die Winterveld-begraafplaas naby Soshanguve, Tshwane. Dit is amper eenuur die middag, maar die koue sny deur die Junie-sonlig.

By Fullard se voete lê die geraamte van ’n man wat dood is nadat hy twee keer geskiet is. Een keer in die kakebeen en een keer in die arm. Die gat in sy kakebeen is ’n duidelike aanduiding van hoe hy dood is.

Maar dié man is nie die rede vir Fullard se geskraap en gegrawe in die grond nie. Die historikus, wat die taakspan vir vermiste mense van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) al vir langer as ’n dekade aanvoer, soek na wat sy noem die wêreld se kosbaarste skat. Dit is nou die oorblyfsels van mense wat tydens die apartheidsjare verdwyn het, dikwels omdat hulle deur die staat vermoor is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.