Hou moed – Suid-Afrika is al deur baie erger

RENWICK-REDE

Hou moed – Suid-Afrika is al deur baie erger

Die euforie van die Mandela-tydperk is lankal verby en Suid-Afrikaners is moedeloos oor al die korrupsie. Maar die buiteland het vertroue in moedige Suid-Afrikaners en Cyril Ramaphosa om die land reg te ruk, het SIR ROBIN RENWICK, voormalige Britse ambassadeur in Suid-Afrika, gesê in sy onlangse rede by die 20ste viering van die FW de Klerk-stigting.

TOE ek in 1987 in Suid-Afrika aangekom het as Britse ambassadeur was die land in die greep van erge onderdrukking. Dit was 'n onheilspellende ervaring om in PW Botha se studeerkamer te moes instap om met hom te argumenteer oor mense se lewens – in die besonder dié van die Sharpeville Ses.

Die res van die wêreld het Suid-Afrika die rug toegekeer. In reaksie op die fiasko van die Rubicon-toespraak het internasionale banke geweier om vir Suid-Afrika geld te leen – in plaas daarvan om internasionale kapitaal te bekom om ontwikkeling te befonds, was julle verplig om spaargeld uit te voer om rente op buitelandse skuld te betaal.

Die polisie- en weermagleiers het geen idee gehad wat dit beteken nie. Maar die goewerneur van die Reserwebank, Gerhard de Kock, het alte goed verstaan dat Suid-Afrika se ekonomie sou groei teen 'n koers onder dié van die groei in die bevolking, met ontsettende gevolge vir die toekoms. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.