Matjila vertel van ANC-druk om OBK se geldkoffers oop te maak

MPATI-KOMMISSIE

Matjila vertel van ANC-druk om OBK se geldkoffers oop te maak

Die uitgeskopte baas van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het die ANC onder die bus gegooi. Dan Matjila het voor die Mpati-kommissie van ondersoek na die OBK getuig oor die politieke druk op hom, maar wou nie name noem nie. Desondanks, skryf WARREN THOMPSON, het Zweli Mkhize se naam opgeduik.

  • 12 Julie 2019
  • Nuus & Politiek
  • 8 min om te lees
  • artikel 8 van 29
  • Warren Thompson

DIE vorige tesourier-generaal van die ANC, Zweli Mkhize, wou hê die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) moet geld gee vir die party se jaarlikse saamkoms op 8 Januarie 2016.

Dan Matjila, die uitgeskopte uitvoerende hoof van Afrika se grootste batebestuurder, het in die loop van die week voor die kommissie van ondersoek na die OBK getuig oor die politieke druk wat op hom geplaas is.  Sy getuienis is sentraal tot die kommissie se werk onder leiding van regter Lex Mpati.

Matjila het gesê hy is deur ’n toppolitikus gevra vir geld vir die geleentheid, maar wou geen naam in die openbaar noem nie. Ná ’n verdaging het die kommissie se getuienisleier, adv. Jannie Lubbe, gesê die politikus ter sprake is Zweli Mkhize...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.