Mediclinic-bonusse: Beloon direkteure, maar vir die régte...

KONKEL IN DIE KABEL?

Mediclinic-bonusse: Beloon direkteure, maar vir die régte soort prestasie

Mediclinic, wat die afgelope drie jaar daarin geslaag het om 70% van sy aandeelhouerswaarde uit te wis, hou nie van ROB ROSE se vrae oor waarom bonusse steeds aan sy direkteure uitbetaal word nie.

NET vir die rekord, Ronnie van der Merwe, uitvoerende hoof van Mediclinic, het ʼn korttermyn-aansporingsbonus van £110 000 ontvang, bykomend tot sy jaarlikse pakket van £447 000. Jurgens Myburgh, finansiële direkteur, het bo en behalwe sy pakket van £396 000 ʼn bonus van £87 000 gekry.

En dít vir 'n maatskappy wat onlangs 'n paar van die goorste oorsese transaksies beklink het – die aanskaf van Al Noor Hospitals in die Verenigde Arabiese Emirate, Spire Healthcare in Brittanje, en Hirslanden in Switserland. Vir die jaar tot einde Maart het Mediclinic die waarde van sy beleggings in Spire en Hirslanden met £405 miljoen afgebring.

Om bonusse uit te betaal vir hierdie soort wen-of-verloor-muntskietery is iets wat kapitalisme 'n slegte naam gee. Die skeptici sien dit as bewys van 'n gekonkel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.