ANC tjoepstil oor wettelose EFF, want hul eie hande is ook vuil

POLITIEK

ANC tjoepstil oor wettelose EFF, want hul eie hande is ook vuil

Die rooikepse sal aanhou met hul skurkagtige gedrag, soos onlangs teenoor Pravin Gordhan in die parlement, want hulle kom altyd skotvry daarvan af, skryf JUSTICE MALALA.

WAT reg en orde betref, is Suid-Afrika 'n land van nuusverklarings en veroordelende woorde – maar geen aksie nie.

Ons leiers is gou en skouspelagtig welsprekend wanneer hulle geweld en intimidasie veroordeel. Hulle is ook buitengewoon swak daarmee om te sorg dat ons wetstoepassers opgelei, bemagtig en vry is, en genoeg selfvertroue het om die boewery en onwettige optrede van die skynheilige sogenaamde EFF in die hof te laat draai.

Die EFF, op sy gewone skurkagtige manier, het verlede week die minister van openbare werke, Pravin Gordhan, probeer intimideer terwyl hy in die parlement gepraat het. Soos gewoonlik het hierdie vonkelwyn-sosialiste en vredestydse revolusionêre hulself reggemaak om 'n ouer man toe te takel. Die voorsittende beampte het homself goed van sy taak gekwyt om hulle te laat uitsmyt...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X