Eskom: Wie wil die volgende slukkie uit SA se giftigste beker vat?

LEIERSKAP

Eskom: Wie wil die volgende slukkie uit SA se giftigste beker vat?

Daar moet nou ’n nuwe uitvoerende hoof vir Eskom aangestel word, maar as jy kyk na wat van dié persoon verwag word, is dit so goed jy soek na ’n eenhoring, skryf LISA STEYN.

SUID-AFRIKA se grootste probleem, Eskom, gaan binnekort boonop weer leierloos wees wanneer nóg ’n uitvoerende hoof sy tas pak. Maar wie kan of wil doen wat waarskynlik die moeilikste werk in die land is?

Die lys vaardighede wat vereis word, is genoeg om selfs die bestes af te skrik. Nie net moet die uitvoerende hoof van Eskom 'n intieme begrip van die energiesektor en kragopwekking hê nie, hy of sy moet ook die skerpste politieke intellek aan die dag kan lê.

Die ideale posbekleër het dekades se ondervinding, moet in staat wees  om Eskom weer doeltreffend te laat funksioneer én moet ’n oortuigende visie vir die toekoms hê.  Die ideale kandidaat het voorts die ruggraat om politieke inmenging van Eskom se enigste aandeelhouer, die staat, teen te staan...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.