ANC sal sy deuntjie moet verander, of hy sing sy swanesang

AL DIE PAD AFDRAAND

ANC sal sy deuntjie moet verander, of hy sing sy swanesang

Die regerende party is in ’n spiraal van agteruitgang vasgevang. Soos ’n onderneming wat uit voeling met sy kliënte geraak het, sal die ANC sy sokkies moet optrek as hy wil oorleef. WILLIAM GUMEDE kyk na dié party se noodlottige foute en hoe hy homself uit hierdie gat kan grawe.

DIE ANC is in ’n klassieke doodspiraal vasgevang – hy gaan al hoe meer agteruit, maar pas steeds oor en oor dieselfde oplossings toe, wat bloot sy ondergang gaan versnel totdat hy eindelik beheer verloor en deur nuwe spelers vervang word.

’n Doodspiraal verwys dikwels na die skynbaar onstuitbare agteruitgang van ’n onderneming wat al jare ’n toonaangewende rolspeler is, maar dan uit voeling met sy kliënte raak en nogtans aanhou om dieselfde “pleisters” op te plak eerder as om na die wortel van sy ondergang te kyk.

Stuttafords, die 159-jarige “Harrods van Suid-Afrika”, was ’n tipiese voorbeeld van dié verskynsel toe hy in 2017 sy deure moes sluit weens ’n internasionale skuif na aanlyn winkels, nuwe kompetisie en vrugtelose pogings om die maatskappy aan die gang te hou...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.