Matjila: Ek en Iqbal Survé was nie maatjies nie; dit was net ...

OBK-KOMMISSIE

Matjila: Ek en Iqbal Survé was nie maatjies nie; dit was net besigheid

Dan Matjila, die voormalige baas van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), moes vandeesweek sy verhouding met die sakeman Iqbal Survé aan die Mpati-kommissie verduidelik. Die OBK het geld geleen vir en belê in die maatskappy waarby Survé regstreeks of onregstreek betrokke is. WARREN THOMPSON berig ook oor ’n vrot belegging in die oliemaatskappy van Jacob Zuma se Nigeriese vriend.

DIE gebeure van Desember 2017 by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) is tans onder die soeklig by die Mpati-kommissie, wat wanbestuur by die batebestuurder op versoek van pres. Cyril Ramaphosa ondersoek.

Dan Matjila, die uitgeskopte uitvoerende hoofbestuurder van die OBK, het ontken dat ’n “persoonlike vriendskap” met Iqbal Survé die motivering was vir die batebestuurder se belegging in entiteite waarby die sakeman betrokke is.

“Ja, daar was voortdurende kontak met dr. Survé en die rede daarvoor was nie vriendskap op sigself nie, maar omdat ek en my kollegas bekommerd was dat die OBK toenemend blootgestel is aan hoë risiko's en ek moes nou betrokke raak by die groot rolspelers om die situasie voortdurend te beoordeel.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X