Die uitdagende werklikheid van transgender mense

DIE TOG OOR DIE GENDERGRENS

Die uitdagende werklikheid van transgender mense

Die vooroordeel en rou haat waarmee transgender mense in ons gemeenskappe te doen kry, wys die skewe genderspieël waarin mense staar. Twee mense het hul verhale van transisie en verlies, maar ook hoop en liefde met ELSABÉ BRITS gedeel.

HY het vir lank nie eintlik te veel oor gender gedink nie. Die broodnood was te hoog. “Ek was net verlate, verlore en toe word ek verkrag,” en dit het jare van oorlewing geneem om op sy voete te kom, om sy genderidentiteit te omhels.

Op ’n dag in 2014 wys ’n vriend hom ’n YouTube-video van Chaz Bono, die transgender seun van Cher en Sonny Bono. “Ek het besef ek is nie ’n Huisgenoot-freak nie. Toe ek dít sien, was dit verby. Iets het reg gevoel, ék het real gevoel,” vertel Theo Rossouw (38) van Kaapstad.

Vandag is hy ’n gelukkige transgender man wat verloof is aan ’n onderwyseres en wat ook graag self onderwys wil studeer, maar om hiér te gekom het, moes hy besluit om te leef...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.