Drie maniere waarop Mkhwebane se kop kan rol

OPENBARE BESKERMER

Drie maniere waarop Mkhwebane se kop kan rol

Ná die soveelste hofbeslissing teen haar word die kop van adv. Busisiwe Mkhwebane as openbare beskermer (OB) opnuut geëis. ERIKA GIBSON bekyk die moontlike maniere waarop Mkhwebane uit haar pos verwyder kan word.

DIE onlangse meerderheidsuitspraak deur die Konstitusionele Hof se regter Sisi Khampepe was ʼn verdere knou vir Mkhwebane se professionele reputasie as regsgeleerde.

Khampepe het in die uitspraak oor die OB se ondersoek na Bankorp en Absa bevind dat sy in kwader trou getuig het; dat sy bevooroordeeld tydens die ondersoek was, en in kort dat sy vir die hof gelieg het in haar getuienis.

Mkhwebane bevraagteken dié bevinding en ontken al die pad – ook in die ander uitsprake teen haar – dat sy gelieg of oneties opgetree het. Trouens, sy het al selfs tot die uiterste gegaan om te beweer haar lewe is in gevaar en dat sy ʼn wandelende teiken geword het vir haar teenstanders...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.