Gerugte van ’n ander soort lente

ONTLEDING

Gerugte van ’n ander soort lente

'n Perfekte storm van 'n ernstige ekonomiese krisis, groeiende werkloosheid, gedyende populisme en 'n fatale verlamming van die staat het Suid-Afrika nou by die punt gebring waar doemprofesieë van 'n Arabiese Lente skielik nie meer absurd is nie, skryf MAX DU PREEZ.

SUID-AFRIKA is nou in ʼn dodelike afwaartse spiraal vasgevang.


Ons durf nie toelaat dat Eskom misluk nie, maar daar is nie die bronne, die strategieë of selfs die politieke wil om dit te red nie.
Die staatsdiens en staatsondernemings se aantal werknemers moet dringend en drasties gesnoei word, maar dít sal werkloosheid verhoog en die regerende ANC in stukke laat spat.
Die staatskas is dolleeg, maar daar is geen realistiese vooruitsigte van bykomende inkomste nie, selfs nie uit verhoogde belastingtariewe nie; die terugbetaling van staatskuld vat klaar ʼn onbekostigbare hap; en die ekonomie groei teen minder as 1%.
Hoe harder pres. Cyril Ramaphosa en sy binnekring probeer om die waansin op te los, hoe sterker veg die Ace Magashule-faksie en die EFF (met die hulp van die openbare beskermer) terug en styg die politieke temperatuur in die land na gevaarlike vlakke.


Die direkteur-generaal van die nasionale tesourie, Dondo Mogajane, waarsku self: “Ons is in die moeilikheid. Ons moet ʼn situasie vermy waar alles ineenstort.” Salarisse in die staatsektor behoort met 10% gesny te word, sê hy, maar voeg by dat dit nie regtig moontlik is nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.