Grondverslag: Tussen die duiwel en die diep blou see ...

GRONDHERVORMING

Grondverslag: Tussen die duiwel en die diep blou see ...

Die oplossing vir Suid-Afrika se grondvraagstuk sal uiteindelik ʼn kompromis moet wees, skryf PIET CROUCAMP. Die goeie nuus is dat die verslag van die presidensiële adviespaneel hieroor waarskynlik nie ver van só ʼn kompromis is nie.

VIR so lank as wat die probleem van grondeienaarskap gesien word as ʼn bloedstryd tussen onversoenbare ideologieë, diskoerse of narratiewe, sal ʼn oplossing vir die sondes van die verlede ons ontwyk.

Die proses wat aan die presidensiële paneel se verslag geboorte gegee het, was soms ideologies en het belangrike rolspelers vervreem, maar die finale verslag is ʼn grondige oorsig van ʼn uiters verdelende vraagstuk en iets waarmee ons met mekaar in gesprek kan tree.

Dit sou egter ʼn fout wees om nie ook die “alternatiewe verslag”, soos die president van AgriSA, Dan Kriek, na sy en Nick Serfontein se probeerslag verwys, saam met die paneel se amptelike verslag te lees nie. Pres. Cyril Ramaphosa het dit duidelik wel gedoen en sodoende openbare status aan albei verslae verleen. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.