Polisie se forensiese dienste val uitmekaar

ONDERSOEK

Polisie se forensiese dienste val uitmekaar

Die nadraai van ʼn beweerde gekonkel tussen verskaffers van forensiese toerusting en produkte aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), wat verlede jaar voor die parlementêre komitee oor openbare rekeninge (Scopa) onthul is, is waarskynlik die enkele grootste rede waarom daar tans ernstige gebreke met forensiese dienste op grondvlak ervaar word. ERIKA GIBSON het nadere ondersoek ingestel.

GEBREKKIGE forensiese getuienis lei landwyd daartoe dat hofsake sloer of geskrap word. Sake word dikwels onttrek weens ʼn gebrek aan bewysstukke teen beskuldigdes.

Die afgelope week het Kevin Jones, die departement van gesondheid se streeksbestuurder van forensiese patologie in die Wes-Kaap, in media-onderhoude gewys hoe die toename in geweldsmisdade in dié provinsie – veral weens die bendegeweld – daartoe gelei het dat skeepshouervrieskaste vol ongeïdentifiseerde lyke aan die opstapel is.

Een van die probleme wat hy uitgelig het, was dat sy departement die verpligting het om die lyke te bewaar, maar dat die polisie se forensiese laboratorium in Plattekloof sloer met die DNS-identifisering sodat daar minstens identiteite vir van die lyke bepaal kan word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.