Wes-Kaapse ANC steier onder faksies

GEEN VERLOSSER

Wes-Kaapse ANC steier onder faksies

Die provinsiale leierskap erken daar was 'n stryd om magsposisies, faksie-gevegte en dat hulle uit voeling is met veral die armer gemeenskappe op die Kaapse Vlakte. Dit hét alles ’n rol in die party se agteruitgang gespeel, sê hulle aan CRYSTAL ORDERSON.

  • 02 Augustus 2019
  • Nuus & Politiek
  • 6 min om te lees
  • artikel 4 van 33
  • Crystal Orderson

WINSTON* is ’n pensioenaris van Mitchellsplein op die Kaapse Vlakte en stem sedert 1994 vir die ANC. Maar in die Mei-verkiesing het hy sy stem vir die EFF gegee. Hy sê ná die tien jaar onder Jacob Zuma kon hy nie weer vir die ANC stem nie, al hou hy baie van Cyril Ramaphosa.

“Ek kón net nie, die ANC gaan agteruit en die bakleiery tussen die faksies sit ’n mens af. Die EFF was ’n beter keuse omdat hulle miskien ’n sterker opposisie kan wees.”

Die verkiesing was ’n waterskeiding vir die ANC in die Wes-Kaap. Partykonflik het weer eens kop uitgesteek en dit was geen verrassing nie dat die ANC sy grootste verkiesingsneerlaag sedert 1994 beleef het, met minder as 30% van die stemme. In 2014 het die ANC 32,89% steun gekry...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.