Cyril het net twee opsies: besuiniging of die IMF

DIE STAATSKAS IS LEEG

Cyril het net twee opsies: besuiniging of die IMF

Gaan Cyril Ramaphosa die president van besuiniging wees, of gaan hy die president wees wat Suid-Afrika op die Internasionale Monetêre Fonds se voorstoep gaan laat beland, wonder CAROL PATON.

DIE nuus dat Fitch Ratings nou ’n begrotingstekort van 6.3% vir Suid-Afrika verwag, en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 68%, maak Ramaphosa se keuses klinkklaar. ’n Skamele vyf maande gelede het die nasionale tesourie die begrotingstekort op 4.5% geraam en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 60.2%. Aangesien die kredietgradeerders spesiale toegang tot die tesourie se inligting en amptenare kry, was Fitch se verklaring die tyd om regop te sit en aandag te gee.

Toe sakeleiers drie weke gelede met kabinetsministers uit die ekonomiese groepering ontmoet het, en weer toe hulle by Nedlac met Ramaphosa en arbeidsleiers vergader het, was die kernsaak – buiten nou vir die rampspoedige werkloosheidsyfers – die scenario rondom die land se weghol-skuld.

Al vir jare lank is ons fiskale volhoubaarheid aan die uitrafel. In 2012 het die tesourie ’n “uitgawe-plafon” daargestel om die toename in besteding te beperk sodat die fiskale raamwerk kan stabiliseer. Maar lae groei, swak inkomste-invordering, en die verswakking van die rand het daartoe gelei dat die tesourie herhaaldelik sy skuld- en begrotingstekort-teikens gemis het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.