Keer die sluipmoord op ons demokrasie

VLAAG NASIONALISTIESE POPULISME

Keer die sluipmoord op ons demokrasie

Staatsgrepe en militêre oornames is baie raar deesdae. Pleks daarvan word demokrasie se eie instellings gebruik om dit te probeer vernietig. Outokratiese politici (lees: die EFF) moet uitgewys en geïsoleer word as die demokrasie ’n kans gaan hê om te oorleef, skryf MAX DU PREEZ.

OMTRENT al die suksesvolle aanslae op die demokrasie sedert die einde van die Koue Oorlog was die werk van verkose politici en regerings eerder as van generaals en soldate. Hugo Chavez is 'n goeie voorbeeld: Venezuela was 'n sterk demokrasie toe hy die eerste keer in 1998 tot president verkies is. Hy is twee keer herkies, maar sy bewind het al hoe meer diktatoriaal geword. En kyk hoe lyk hulle nou. Turkye, Hongarye, die Filippyne, Pole, Rusland en Zimbabwe het soortgelyke paaie gestap.

Die vlaag nasionalistiese populisme van die laaste dekade of so bedreig deesdae selfs gevestigde demokrasieë. Die les in elkeen van dié lande is dat demokrasie nie meer as vanselfsprekend aanvaar kan word nie. As daar nie deurentyd pro-aktief daarvoor geveg word nie, gaan dit kwyn. Die mees vanselfsprekende voorbeelde dat demagoë en partye wat aanvanklik as randfigure gesien is, vinnig kan groei om diktature te vorm, is Benito Mussolini van Italië en Adolf Hitler van Duitsland.

Sterk, liberale grondwette is belangrik, maar in gemeenskappe wat erg gepolariseer is (ras, klas, godsdiens, taal of streek) en verdraagsaamheid aktief ondermyn word, is dit nie meer genoegsame versekeringspolisse dat die demokrasie gaan oorleef nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.